Hallo Wynand n baie belangrike brief, heridie van jou! Ek is ook in die NG Kerk, en ons gemeente bly op die afdraend, ten spyte van periodiese opflikkerings. n Groot aantal van my uitgebreide familie en vriende het ook die NG Kerk verlaat of bly sommer weg soos jou suster. Ek glo ook soos Isabel dat die oplossing lea in die maak van dissipels is dit nie een van Jesus se laaste opdragte nie? In die Lukas -evangelie se weergawe van Jesus se laaste opdrag, noem Lukas ook die opstanding (juis dit waaroor daar tans in die NG Kerk soveel kontroversie is. Die strominge wat jy in jou brief noem val soos onder andere Mfcller se panenteefsme onder die breeb sambreel van die New Age beweging. Vrede vir julle! Henrietta