Hallo IsabelJy is heeltemal reg oor die feit dat die Heilige Gees die Woord vir ons oeropebk. Tog is dit so dat menslike filosofiese sisteme daarin slaag om mense weg te rokkel van die Evangelie van Christus se genade. As jy soos n panenteefs glo jy is in wese god, en jou wil en keuses beperk God se vryheid, stel jy jouself buite die sfeer van God se genade. As jy self god is, en soewerein is in jou wil, waarom sal jy dan glo dat God enigsins aanspraak op jou lewe het? As God nie n aanspraak op jou lewe het nie, waarom sal jy tot bekering kom? Panenteefsme is ongelooflik aantreklik vir die natuurlike mens want dit verkondig Satan se oudste pickup line: Jy sal soos God wees Jy is natuurlike heeltemal reg met wat jy sea oor die opstandingsligaam. In hierdie verband moet ek sea dat enige gedagte dat Christus se liggaam waarmee hy aan sy dissipels verskyn het na sy opstanding een of ander illusie was godslasterlik is, om die blote rede dat dit sou beteken dat Christus bedrog sou pleeg.1) Christus se liggaam is n werklike, fisies objek in tyd en ruimte. Thomas het sy hand in sy sy gedruk as bewys dat Hy waarlik opgestaan het. Hy het saam met sy dissipels geebet.2) Sy liggaam is egter nie beperk tot tyd en ruimte nie, maar is ook buite tyd en ruimte: Dit is waarom hy kan verskyn en verdwyn soos hy wil, nie beperk word deur die wette van die fisiese wetenskap nie en onsterflik is. Christus se opstandings liggaam is dus totaal anders as enigiets anders in die fisiese skepping soos dit nou is. Dit is n voorsmaak van God se herskepping van die heelal. Dit is waarom die apostoliese Geloofsbelydenis sea: Ek glo in die opstanding van die vlees Wynand